Sosiale media en die werklikheid
’n Artikel in die Huffington Post wat in September 2013 verskyn het (klik hier vir die skakel) het hierdie verskynsel bekyk en skryf jongmense se onvergenoegd-heid toe aan die skeefgetrekte werklikheid wat die sosiale media skep. Vanweë al die glansfoto’s en stories van ander mense se lewe, dink die kinders verkeerdelik dat ander kinders ongeloof-like dinge beleef, terwyl hulle nie so suksesvol is nie. Tog is dit net glansoomblikke en nie ’n glanslewe wat uitgebeeld word nie.