Waarom wil jy jou hare beskadig deur jou krulle reguit te blaas? Definieer dit eerder so:
Stap 1
Wend ’n produk wat krulle definieer op klam hare aan.
Stap 2
Draai stringetjies hare om jou vinger om ekstra definisie aan die krulle om jou gesig te gee.
Stap 3
Steek die krulletjies met ’n haarknippie om jou gesig vas en laat dit inbly terwyl jy grimeer of aantrek.
Stap 4
Haal die knippies uit en wend serum aan om daardie los, kroeserige haartjies te tem.
Wenke vir krullerige hare:
• Laat jou hare natuurlik droog word – haardroërs kan jou hare verder uitdroog en dit laat kroes.
• As jou hare deur die loop van die dag sleg begin lyk, maak jou hande nat en trek dit deur jou hare. Die water reaktiveer weer die produk.
• As jy jou hare heeltyd reguit maak, verloor jy definisie in jou krulle. Dit sal ’n rukkie duur voordat dit weer soos vroeër krul.
• ’n Ligte haarkleur kan jou krulle droër laat lyk.Gebruik ’n bevogtigende sjampoe
• Krulle lyk die beste as dit natuurlik gelos word. Jou borsel moet net in die stort gebruik word: Kam die koeke ná ’n was uit terwyl die opknapper nog in jou hare is. Spoel daarna met koue water af en gebruik opknapper wat jou hare voed en glans gee.
Probeer gerus hierdie produkte
Marc Anthony Strictly Curls Shampoo & Conditioner
Redken Ringlet (by uitgesoekte salonne)
Lees ook: Werk só met fyn hare