Soesjislaai
Genoeg vir twee 250 ml-bottels
Slaaisous
• Meng 90 ml (6 e) sojasous, 30 ml (2 e) sriracha-sous, 6 cm gemmer, geskil en fyn gekap en 30 ml (2 e) suurlemoen- of lemmetjiesap in ’n bakkie.
Slaai
• 250 ml (1 k) gaar jasmynrys
• 15 ml (1 e) ryswynasyn
• 2,5 ml (½ t) sout • 1 komkommer, dun gesny
• 1 avokado, geskil en dun gesny
• 100 g liggies gerookte salm, in repies gesny
• 30 ml (2 e) swart sesamsaad
• 2 velletjies nori, geskeur
• 100 g slaaiblare, soos waterkruid en babaspinasieblare
1 Skep 1 e van die slaaisous in elke bottel.
2 Meng die rys, ryswynasyn en sout in ’n mengbak.
3 Stapel elke bottel met rys, komkommer, avokado, salm, sesamsaad, nori en slaaiblare.
Pizzaslaai vir kinders
Genoeg vir twee 250 ml-bottels
Slaaisous
Meng 5 ml (1 t) heuning, 10 ml (2 t) korrelmosterd, 45 ml (3 e) balsemiek-asyn, 60 ml (¼ k) olyfolie en geur met sout en swartpeper.
Croutons
Smeer 2 deurgesnyde volgraanpitabroodjies met 30 ml gesmelte botter. Sprinkel 2 fyn gekapte knoffel-huisies bo-oor. Verhit die oond tot 200 °C. Sit die pitabroodjies op ’n bakplaat en bak vir 15-20 min. of tot goudkleurig. Haal uit en breek in stukkies.
Slaai
• 125 ml klaarbereide tamatiepastasous
• hand vol basiliekruid
• 100 g salami in stukkies gesny
• 100 g pynappel, in blokkies gesny
• 100 g mozzarella, dun gesny
1 Skep 60 ml van die tamatiesous in elke bottel.
2 Vul elke bottel met ’n lagie basiliekruid, pynappel, ham, mozzarella en pita-croutons.
3 Sit met die slaaisous voor.