Die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss en haar man Daniel, se derde seun is Sondagmiddag om 17:30 gebore.
Rolene het Maandagoggend foto’s op Instagram van hul babaseuntjie gedeel.
Sy skryf daarby:
“Alle eer aan God! Dankbaar vir wonderlike verpleegsters en dokters, en my gebedsvegters wat nooit ophou bid het nie,.”
Rolene en Daniel is in Februarie, 2016 getroud en het reeds twee seuns. Daniel is ‘n entrepreneur, waagkapitalis, spreker en skrywer.
Rolene was ‘n allemintige 40 weke en 4 dae swanger voor die kleinding sy opwagting gemaak het.
Die egpaar het nie sy naam bekend gemaak nie, maar het op Instagram vertel dat sy en Baba Strauss gelukkig en gesond is en dat hy 4.14 kg weeg.
Rolene het ook foto’s gedeel van hartjies wat haar ander twee seuns op haar arms geteken het voordat sy hospitaal toe is.
“Die seuns het harte op my voorarms geteken voordat ons hospitaal toe is – dit het my deur die geboorte gehelp! Hulle is dol oor hul bababoetie!” skryf sy.