Wasgoed, superhelde, tietiebottels, onoopgemaakte pos en ’n mandjie vol onpaar sokkies hoort nie hier nie. Jou slaapkamer moet ’n veilige hawe wees, ’n ruimte waar jy kan afskakel en jou batterye herlaai.
![2](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/12/FEBDECOR01RR-1.jpg)
Harte, kussings en strooi komerse met hope kerse
Wenke vir ’n romantiese slaapkamer
• ’n Opgemaakte bed met strooikussings skep ’n romantiese atmosfeer. Dit neem minder as 2 minute.
• Versier jou kamer met sentimentele items. Dinge wat julle aan die liefde wat julle deel, herinner.
• Voeg kussings by. Plat kussings doen niks vir romanse nie.
• Moenie ’n vergaarnes van jul kamer maak nie.
• Sagte beligting is belangrik. Selfs kerse kan wondere verrig.
• Skep ’n sensuele kamer met beddegoed-sproei en gegeurde kerse.
![4](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/12/FEBDECOR06RR.jpg)
Plak jul gunstelinggedigte teen die muur
Verskaffers
MRP Home: www.mrphome.com
Superbalist: www.superbalist.co.za
Hello Pretty: www.hellopretty.co.za
Petal Mania: www.petalmania.co.za
@Home: 0860 576 576
Weylandts: 0219141433