Oliebolkrans met verskillende bolae
Ingredients
- • 30 g suiker
- • 5 ml (1 t) sout
- • 10 g (1 sakkie) kitsgis
- • 7,5 ml (1½ t) fyn kaneel
- • 5 ml (1 t) gemengde speserye
- • 5 ml (1 t) gemmer
- • 80 g gemmer in stroop, fyn gekap
- • gerasperde skil van 2 lemoene
- • 500 g broodmeel
- • 375 ml (1½ k) louwarm melk
- • 80 g botter, gesmelt
- • olie vir diepbraai
- Lemoenglaseersel
- • Meng 170 g gesifte versiersuiker met 45 ml (3 e) lemoensap tot dit ’n gladde pasta vorm.
- Ander bolae
- • 1 x 385 g-blikkie Caramel Treat
- • 100 g kakaopoeier
- • 100 g versiersuiker
- • 100 g donkersjokolade, op die ontvriesstelling in die mikrogolf gesmelt
Instructions
1 Gebruik ’n elektriese menger met ’n deeghaak. Gooi die suiker, sout, kitsgis, fyn kaneel, gemengde speserye, gemmer, lemoenskil en broodmeel in die bak van die menger.
2 Meng die melk en botter in ’n maatbeker en gooi stadig by die meel terwyl die masjien hardloop. Meng vir sowat 10 min. tot die deeg glad en elasties is.
3 Bedek die bak en laat die deeg vir 1 uur in die mengbak rys tot dubbel in grootte.
4 Knie die deeg vir 1 min. af en rol in rolletjies van 25 g uit. Druk die rolletjies effens plat.
5 Verhit die olie in ’n groot kastrol tot 180 °C. Diepbraai ’n paar oliebolle op ’n slag tot goudkleurig en gaar. Die bolletjies dryf na bo sodra hulle gaar is. Dreineer op kombuispapier en laat afkoel.
6 Doop ’n paar bolletjies in die lemoenversiersel en doop die res onderskeidelik in die karamel of kakaopoeier, versiersuiker, of in die gesmelte donkersjokolade.
7 Tooi hier en daar met goudblad. Pak ’n krans op ’n mooi dienbord en smul!