Jy benodig
- Klippe
- Verf in twee skakerings van groen
- Kwaste
- Koerantpapier
- Wit merkpen
- Grond
- Gruis
- Potte
Maak dit so
- Kies klippe wat die vorm van ’n kaktus het. Was die klippe.
- Pak die klippe op koerantpapier en verf die klippe. Laat droog word voor jy die ander kant verf. Jy het verskeie lae verf nodig.
- As dit droog is, gebruik die wit merkpen en teken kolle, sterre en dorings op die kaktusse op die klippe.
- Jy het ’n kombinasie klippe nodig om dit realisties te laat lyk.
- Vul die pot met grond en “plant” die kaktusklippe. Bedek die grond met gruis.
Vir meer inligting kyk by Your Family se webwerf