Jy benodig
- ’n Mooi koppie en piering
- Kerswas
- Kerspit
- Sosatie-stokkie
Maak so
- Smelt die kerswas in ’n klein kastrol oor ’n groter put pruttende water.
- Meet die kerspit die hoogte van die koppie plus 5 cm. Bind die een end van die pit om ’n stokkie om die pit in die middel van die koppie in posisie te hou.
- Giet die gesmelte was in die koppie tot 2-3cm onder die rand. Laat vir sowat 1 uur stol. Sny die kerspit tot die verlangde lengte.
Vir meer inligting kyk by Your Family se webwerf