Jy benodig
- Kunsgom
- Groot krale vir die koppe
- Blokkie
- Wol vir die hare
- Wit felt
- Shweshwe materiaal
- Naald en gare
- Kraletjies vir bykomstighede
- Pypskoonmakers
- Penne
- Stokkies in die lengte van die lywe
- A4 karton
Maak dit so
- Druk die stokkie in die opening in die kraal en plak die kop vas. Die blokkie is die fondament waarop die engel staan. Boor ’n gaatjie in die blokkie en gom die onderpunt van die stokkie in die gaatjie vas. Laat droog word.
- Vorm verskillende haarstyle met die wol. Gom aan die kop vas.
- Draai gare om die pypskoonmakers en draai die pypskoonmaker om die nek-area van die engel om arms te vorm.
- Sny die shweshwe-lap in ’n reghoek. Die korter kante moet gemeet word vanaf die onderkant van die kop. Ryg die een lang kant van die lap in en maak stewig onder die arms vas om die rok te vorm.
- Teken ’n gesiggie op die kop. Ryg krale in vir die bykomstighede.
- Sny vlerke uit die karton en gom vas aan die agterkant van die engel.
Vir meer inligting kyk by Your Family se webwerf