Hendrick’s G & T
Somersmaaksensasie – bitter, blomme en verfrissend
Bestanddele:
• 50 ml Hendrick’s Gin
• 150 ml kinawater (tonic)
• 3 dun gesnyde komkommerskyfies
Voorbereiding:
1. Vul ’n lang glas met ysblokkies.
2. Kombineer die bestanddele en roer liggies.
3. Versier met die drie dungesnyde komkommerskyfies.
Hendrick’s Summer Mule
Somersmaaksensasie – Vrugtig, blomme en verfrissend
Bestanddele:
• 50 ml Hendrick’s Gin
• 20 ml vars lemmetjiesap
• 10 ml vlierblomsap (elderflower cordial)
• 8 ment blare
• 1 duim komkommer
• gemmerbier om op te vul
Voorbereiding:
1. Sit die komkommer in ’n glas en breek op met ’n stampertjie.
2. Voeg gebreekte ys by saam met al die ander bestanddele.
3. Vul die glas met gemmerbier en versier
Chelsea Rose
Somersmaaksensasie – vrugtig en blomme
Bestanddele:
• 50 ml Hendrick’s Gin
• 150 ml vars appelsap
• 5 vars frambose
• ’n skeutjie vars suurlemoensap
Voorbereiding:
1. Kombineer al die bestanddele in ’n teepot, meng goed en laat trek vir ’n paar minute.
2. Gooi dit in ’n teekoppie gevul met ys.