Thaise garnaal-roosterbrood
Serves: 8-10
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 250 g garnale, skoongemaak en doppe verwyder
- 30 ml (2 e) Thaise rooikerriepasta
- 1 eierwit
- 1 grasui, gekap
- 1 klein Franse brood, op die skuinste in 1 cm-snye gesny
- olie vir diepbraai
- 15 ml (1 e) sesamsaad
- vars koljanderblare vir opdiening
Instructions
- Verwerk die garnale, rooikerriepasta, eierwit en grasui tot glad in ’n voedselverwerker. Geur met sout.
- Smeer die mengsel op die brood. Verhit ’n lagie olie oor matige hitte in ’n wokpan. Braai die broodjies garnaalkant na onder vir 2 min. in die olie. Draai die brood om en braai vir nog 1 min.
- Dreineer op kombuispapier. Gooi die sesamsaad oor. Dien met vars koljanderblare op.
Michelle Nortje
Lees Meer
Laesout saadjiebrood
11/11/2024
Grondboontjiebotter-broodjie
08/11/2024
Olyf-en-ui-broodstokkies
28/10/2024