Pretty Ballerinas is in 2005 bekendgestel en vandag bestaan daar meer as 60 winkels in die wêreld se groot mode-hoofstede, insluitend Londen, Milaan, Beverley Hills, Santa Monica, Barcelona, New York, Madrid, Sao Paulo, Montreal en Taipei.
Die Pretty Ballerinas-versameling bevat meer as 100 eksklusiewe variasies van materiale en kleure. Baie van die style is vernoem na vroulike styl-ikone uit die jare 40, 50 en 60.
2014 se Herfs/Winter-reeks bevat ’n verskeidenheid leer-, brokaat- en ponie-vervaardigde opsies met fluoresserende insetsels. Die kleure is klassieke swart, koninklike pers, rooi, olyfgroen en elektiese blou.
Die eerste winkel van sy soort in Suid-Afrika het verlede jaar in Johannesburg se Hyde Park Corner geopen. Hierdie nuwe versameling is nou beskikbaar!
Besoek Pretty Ballerinas se webblad