Eendlewer-en-lemoen-patee met karamelvye
Ingredients
- • 20 g botter
- • 2 knoffelhuisies, gekap
- • 1 ui, gekap
- • 250 g eendlewer
- • 2 takkies tiemie
- • 60 ml Cointreau of brandewyn
- • gerasperde skil van 1 lemoen
- • 125 g koue botter, gekap
- Vye
- • 15 ml (1 e) heuning
- • 15 ml (1 e) botter
- • 4 vye, in kwarte gesny
- • 1 rosyntjiebrood
- • 100 g botter
- • goudblaar vir bo-op (te kry by kunswinkels en spesialiteitsbakwinkels)
Instructions
Patee
1 Verhit die botter oor matige tot hoë hitte. Braai die knoffel en ui vir 3 min. daarin, of tot sag.
2 Voeg die lewer en tiemie by en kook vir 1 min. Voeg die Cointreau of brandewyn by en kook vir nog 1 min.
3 Sit die lewer, lemoenskil en botter in die bak van ’n voedselverwerker. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
4 Verwerk tot glad.
5 Druk die mengsel deur ’n sif en gooi in 2 x 250 ml-ramekins of bakkies.
6 Sit vir 2 uur in die yskas.
Vye
1 Verhit die heuning oor matige hitte in ’n braaipan.
2 Braai die vye vir 5 min. daarin, of tot die vye gekara-melliseer is.
3 Sny die rosyntjiebrood in snye en verdeel elke sny in 4 blokkies.
4 Smelt die helfte van die botter oor ’n lae temperatuur en braai die broodblokkies daarin tot bros en goudkleurig. Herhaal met die res van die broodjies en botter.
5 Skep lepeltjies vol van die patee op elke broodjie en tooi met die vye en ’n stukkie goudblaar.