Stap 1
Wend ’n klein bietjie olievrye gesigroom oor die puisie aan. Dit help dat jou vel sag en egalig is voordat jy dit probeer verbloem.
Stap 2
Gebruik nou jou vinger (skoon, natuurlik!) of ’n grimeerborseltjie met ’n titseltjie onderlaag, jy kan selfs ’n verbloemstiffie (blemish stick) gebruik. Die kleur van die onderlaag of verbloemstiffie moet jou vel se skakering perfek pas, anders maak jy die puisie net meer sigbaar.
Stap 3
Gebruik nou ’n deursigtige poeier om te verseker dat jou onderlaag langer hou, vee enige oorblywende poeier saggies af om te keer dat dit nie die puisie meer sigbaar maak nie.
Lees ook: Laat jou grimering langer hou