Sleutelwoorde wat by vonkelwyn pas
Kleur
Helder
Lewendig
Strooi
Geel
Geure
Sitrus
Blomme
Suurlemoen
Pomelo
Vrugtig
Beskuitjie
Gisserig
Gebakte brood
Brioche
Heuning
Spanspek
Parfuumagtig
Appel
Het jy geweet?
• Die naam “Champagne” mag slegs gebruik word vir wyne wat in die Sjampanje-streek in Frankryk gemaak word.
• Die res van die wêreld gebruik verskillende benaminge, maar vonkelwyn bly die gewildste.
• Basiese reëls word gevolg by die maak van Champagne (in Frankryk) of Méthode Cap Classique (MCC in Suid-Afrika).
• Slegs Pinot Noir-, Pinot Meunier- en Chardonnay-druiwe mag gebruik word.
• Dit moet gemaak word volgens die Champagne-metode: natuurlike wyn moet ’n tweede fermentasieproses in die bottel ondergaan. Die gis word verwyder deur die remuage- en dégorgement-proses voor die bottels gevul en gekurk word.
• Byna al die MCC-wyne in Suid- Afrika word van Chardonnay- en/of Pinot Noir-druiwe gemaak.
• As net Chardonnay gebruik word, word dit Blanc de Blanc genoem.
• Nog ’n metode is karbonisering waartydens koolsuurgas in die natuurlike wyn gepomp word.
• By die tenk/Charmat-metode word natuurlike wyn in die tenk gefermenteer en onder druk gebottel.
• Die uniekheid van vonkelwyne is natuurlik die borrels, ook bekend as die bead, of in Frans die mousse.