Perske-fetakaas-en-tjopstapeltjies
Serves: Genoeg vir 6-8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 4 ryp perskes, in dun wiggies gesny
- 30 ml (2 e) botter
- 12 lamstjops
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 30 ml (2 e) balsemiekasyn
- 1 knoffelhuisie, gekap
- sout en peper
- 3 skywe fetakaas, middeldeur gesny
- ’n hand vol basiliekruidblare
Instructions
1 Maak ’n vuur – sorg vir warm kole.
2 Braai die perskes vinnig in botter tot net gaar.
3 Meng die olyfolie, asyn, knoffel, sout en peper en verf dit oor die tjops. Pak die tjops in paartjies uit. Sit ’n skyf fetakaas en gaar perskes kywe op 6 van die tjoppies. Sit die ander tjoppies bo-op en bind elke stapeltjie met kombuistou vas. Geur met sout.
4 Braai die tjops vinnig oor warm kole sodat hulle bruin is aan allekante, ook die vetkant. Skuif vir sowat 15 min. van die direkte hitte af, maar steeds na genoeg aan die hitte om gaar te word.
5 Druk die vars basiliekruidblare in die kante van die tjopstapeltjies in en sit warm voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Waatlemoen-pizza met gebraaide feta
15/11/2024
Worsiepasta
14/10/2024