Geraldine Naidoo se bekroonde toneelspel, HOOT, is weer op die planke sedert dit 11 jaar gelede sy debuut geniet het.
Dié stuk is ’n skreeusnaakse kykie in die lewe van Harold Potgieter (gespeel deur Matthew Ribnick) ’n ryk, wit man wat noodgedwonge ’n minibustaxi-bestuurder word nadat hy sy rykdom verloor.
HOOT is ’n kruiskulturele komedie wat beloof om jou te laat skaterlag.
Waar: Auto & General Theatre on the Square
Wanner: 11 – 22 Oktober
Kaartjies kan aanlyn gekoop word by www.ticketpro.com of skakel 011 883-8606