Oefen-truuks vir lente. Foto: Pexels
Dis moeilik om na die lang wintermaande weer in ’n oefenroetine te kom aangesien jou fiksheidsvlakke gedaal het en jou oefenklere dalk bietjie stywerig pas.
Hier is nuttige wenke om ’n lentebries oor jou oefen-roetine te laat waai.
1. Jou voete is gemaak om mee te loop
Die weer is beter en jy kan nie meer die koue of verkoues as verskoning gebruik om op die rusbank te bly lê nie. Stel jou wekker vroeër of gebruik die voordeel van die langer dae om in die buitelug ’n vinnige stappie in te kry.
2. Kom uit
Probeer om in die buitelug te oefen. Dit kan baie vervelig wees om elke dag in die gimnasium te oefen. Die buitelug sal jou gemoed lig en die goedvoel-hormone sal jou help om lekkerder te oefen. Dit is ideaal om van die wintermorbiditeit ontslae te raak.
3. Maak oefening interessant
Daar is baie dinge in die buitelug wat jy kan gebruik om jou oefenprogram interessanter te maak. Klim trappe in die park, gebruik die park se bankies. Stap steiltes uit.
Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen