Die vervaardigers van 7de Laan het onlangs aangekondig dat Connie terugkeer na Hillside!
Quinne Brown Huffman het in Junie vanjaar saam met haar man (Ryan) en twee kinders (Charlotte en Lara), teruggekeer na Suid-Afrika nadat hulle vir 10 jaar in Amerika gewoon het.
Volgens die span by die Laan is Quinne baie opgewonde om terug te wees in SA en kan sy nie wag om haar kinders meer oor ons land te leer nie.
Quinne se eerste dag op stel was vroeg in Augustus en aanhangers van Connie kan verwag om haar die 31ste Oktober op die kassie te sien!
Lees ook meer oor Quinne se “gunstelingrol” hier.
Lees hier hoe Quinne haar suster bygestaan het tydens die geboorte van haar eersteling.