Die Slanghoek-driekamp vind plaas in die beeldskone Slanghoek-vallei buite Rawsonville. Dié geleentheid is geskik vir enige atleet, hetsy beginner of meer gevorderd en bied ʼn keuse tussen vier verskillende wedlope.
Saterdag kan deelnemers die bergfiets-driekamp aanpak, terwyl die pad-driekamp op Sondag plaasvind. Albei wedlope het die opsie om dit op die standaard- of die vinniger afstand te voltooi.
Wanneer: 22 – 23 Oktober
Waar: Slanghoek-vallei