1 Geur die koekmeel na smaak en rol die skenkels daarin. Verhit die olie oor hoë hitte en braai die skenkels daarin tot hulle oraloor goudbruin is. Haal uit en hou eenkant.Beesskenkelpasteitjies
Ingredients
Instructions
2 Braai die ui, seldery, wortel en knoffel vir 5 min. in dieselfde kastrol tot sag. Gooi die rooiwyn by en dan die aftreksel, tamaties, lourierblaar en tiemie. Bedek en prut vir 2½ uur of tot die vleis van die bene val. Geur na smaak.
3 Meng die Maizena en water tot ’n gladde pasta. Meng deur die vleismengsel en prut vir 10 min. Laat heeltemal afkoel en haal al die bene uit.
4 Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit 8 dariole- of ander oondvaste bakkies met ’n inhoudsmaat van 1 koppie elk met kleefwerende kossproei.
5 Rol die skilferkorsdeeg effens platter (maar steeds reghoekig) uit. Sny 1 van die rolle deeg in 6 ewe groot vierkante. Sny nog 2 ewe groot vierkante uit die ander rol deeg.
6 Voer die bakkies met die deegvierkante uit. Sny die deeg wat oorhang af, maar los ’n randjie van sowat 1 mm deeg wat bo die bakkies uitsteek.
7 Skep die vleismengsel in die bakkies.
8 Druk met ’n ronde koekiedrukker 8 sirkels so groot soos die bakkies uit die res van die deeg. Druk ’n klein sirkel van 1 cm uit die middel van elke sirkel.
9 Verf die eier om die rande van die deegsirkels en druk op elke pastei vas. Sit twee vingers op die rand van die pastei en trek met ’n ander vinger die deeg tussen die twee vingers op om ’n kartelpatroon te maak.
10 Verf die pasteie met die eier en bak vir 20-30 min. tot goudbruin. Keer uit en sit met blatjang voor.