Ekstra op die bord vir die voorsitslag Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Sit die groente op ’n oondpan en drup die olie en heuning oor. Sit die tiemie bo-op en rooster tot net gaar. Doopsous: 2 Haal die knoffel uit en druk die sagte vlees uit die skilletjies. Hou eenkant.Winter-bagna càuda
Ingredients
Instructions
bitter blare, soos radicchio en witloof geblansjeerde Franse groenboontjies
Sit die knoffel in ’n dieperige oondpannetjie. Gooi die olie oor en sit die tiemietakkies bo-op. Bak vir 30 min. saam met die groente tot die knoffel sag is.
3 Maak ’n middelslagkastrol halfvol water en laat prut. Sit die gaar knoffel en ansjovisfilette in ’n bakkie wat mooi oor die kastrol pas. Druk met ’n vurk fyn.
4 Voeg nou die olie bietjie vir bietjie by en roer deurentyd met ’n vurk. Voeg die botter by en roer steeds. Roer tot die botter gesmelt is en die mengsel begin verdik.
5 Roer die room by en skep die bagna càuda in ’n mooi opdienbakkie met ’n paar ekstra tiemietakkies. Pak die geroosterde groente, blare en groenbone om die doopsous en smul.