Geroosterde soetrissieslaai met ansjovis
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Suid-Afrikaanse mozzarella smaak net nie soos Italianse mozzarella nie. Ek marineer die mozzarella in ’n bietjie crème fraîche en geur dit liggies met sout om daardie sysagte, amper melkerige tekstuur van die ware Jakob te kry.
- 2 groen soetrissies
- 2 geel soetrissies
- 2 rooi soetrissies
- olyf- of avokado-olie om oor te sprinkel
- Mediterreense slaaisous
- 2 ansjovisfilette, fyn gekap
- 125 ml (½ k) olyf- of avokado-olie
- sap van 1 suurlemoen
- 30 ml (2 e) witwynasyn
- 3 knoffelhuisies, gekneus
- 1 rooi rissie, pitte verwyder en fyn gekap
- 15 ml (1 e) heuning
- sout en gemaalde swartpeper
- hand vol roketblare
- 250 ml (1 k) groot, sagte mozzarellakaas soos buffel- (buffalo) mozzarella, in stukkies geskeur
- 125 ml (½ k) crème frâiche
- Maldon-sout
- 100 g (1 pakkie) dennepitte (of sonneblomsade), gerooster
- hand vol basiliekruidblare
Instructions
Voorverhit die oond tot 220 ºC.
1 Pak die soetrissies op ’n oondpan en sprinkel olie oor. Rooster vir sowat 20 min. tot sag - die harde, deurskynende skilletjies sal begin wegtrek van die vlees af. Laat staan tot effens afgekoel. Trek die skilletjies af, verwyder die pitte en stingels en sny in kwarte.
2 Marineer intussen die mozzarella in die crème frâiche en geur liggies met Maldon-sout.
3 Slaaisous: Meng die ansjovisfilet, olie, suurlemoensap, asyn, knoffel, rissie en heuning. Geur na smaak.
4 Meng die soetrissies, roketblare en mozzarella (asook die crème fraiche-marinade) in ’n dienbak.
5 Gooi die slaaisous, dennepitte en basiliekruidblare oor.
Rooi Rose
Lees Meer
Pynappel-en-rooi-soetrissie hoendersosaties
14/03/2025
Krakerige groentebondeltjies
27/01/2016
Lamstjops met tzatziki en knoffelplatbrode
12/03/2012