Sabayon Voorverhit die oond tot 130 °C. 1 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Laat week die vye vir 10 min. in die likeur. Maak die sabayon terwyl die vye bak 1 Klits die eiergele, strooisuiker en muskadel vir 6-8 min. (tot lig en romerig) in ’n glas-of metaalmengbak wat knus op ’n middelslag-kastrol met kokende water pas. Mooi kruiekoekies Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit 3 groot bakplate met kleefwerende kossproei. 1 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klop die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die kondensmelk by en klop tot glad. Gebakte groenvye in ’n suikerkors met sjerrie-sabayon en kruiekoekies
Ingredients
Instructions
2 Meng die suiker en eierwitte.
3 Gooi 80 ml (1/2 k) van die suikermengsel op die bakpapier en sit ’n vy bo-op.
4 Druk die suiker met jou hande om die vy tot dit heeltemal bedek is (die laag moet sowat 5 mm dik wees). Herhaal met die ander vye.
5 Bak vir 20 min. tot die suiker hard is maar nog nie verkleur het nie.
2 Haal af en klits vir 3-4 min. of tot die mengsel effens afkoel.
3 Sit die vye warm saam met die sabayon en kruiekoekies voor.
2 Vou die droë bestanddele en kruie by die bottermengsel in en verdeel in 4.
3 Draai in kleefplastiek toe.
4 Laat rus vir 20 min. in die yskas of tot ferm.
5 Rol die deeg 5 mm. dik op ’n skoon meelbestrooide werkvlak uit. Druk soos ons ’n blommetjie of in ’n vorm van jou keuse uit en pak op die bakplate. Druk ’n gaatjie bo in die koekie sodat jy ’n toutjie daardeur kan ryg.
6 Bak vir 10-15 min. of tot ligbruin.