1 Braai die ui, spek en knoffel in die verhitte olyfolie tot goudkleurig. Voeg die hoenderlewertjies by en braai vir 5 min. tot net gaar maar nog pienk.Hoenderlewerpatee
Ingredients
Instructions
2 Gooi die tiemie en brandewyn by en kook effens af. Geur met sout. Haal af.
3 Verwerk in ’n voedselverwerker tot glad. Voeg die asyn, aftreksel en botter by en verwerk weer tot glad. Skep in ’n mooi bakkie.
4 Verhelderde botter: Verhit die botter in ’n klein pannetjie tot dit liggies borrel. Skep al die skuim bo af tot die botter helder lyk.
5 Pak die lourierblare op die patee en gooi die gesmelte botter oor. Hou in die yskas tot benodig.