Die Bryanston Organiese en Natuurlike Mark is vanjaar 40jaar oud! En daarmee saam, kom ’n reeks interessante gesprekke, demonstrasies, spesiale aanbiedinge en kinder aktiwiteite deur die loop van dié Oktobermaand. So ook gaan dié mylpaal vanjaar deur ’n verjaarsdag-seremonie en Lente Modeparade gevier word.
Besoekers kan uitsien na meer as 130 uitstallers met ’n verskeidenheid vars groente en vrugte, natuurlike en organiese delicatessen, gebak, kuns, klere en dekor.
Die Bryanston Organiese en Natuurlike Mark is oop op Donderdae, Saterdae sowel as publieke vakansiedae.
Plek: 40 Culross Straat
Vir meer inligting besoek gerus hul webtuiste.