1 Voorverhit die oond tot 110 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Meringue-sirkels 1 Voorverhit die oond tot 110 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.Meringue-sirkels
Ingredients
Instructions
2 Klits die sout, kremetart en eierwitte met ’n elektriese klitser of in ’n staanmenger tot stywepuntstadium.
3 Gooi 45 ml (3 e) van die suiker by en klop vir sowat 1-2 min. tot die eierwitte glansend wit is en weer punte maak.
4 Gooi die res van die suiker stadig by en klits deurentyd tot die suiker goed ingemeng is. Die eierwit moet dik en glansend wees en stywe punte maak.
5 Skep groot lepels vol van die meringue op mekaar in die middel van die bakplaat. Vorm met die agterkant van ’n lepel ’n groot gepofte sirkel wat effens induik in die middel.
6 Bak vir 1-1½ uur tot die meringue krakerig en gaar is, maar nie verkleur nie.
7 Indien dit nog sag is as jy liggies met jou vingerpunte daaraan raak, kan jy die temperatuur na 60 °C afdraai en vir nog ’n halfuur bak.
8 Skakel die oond af en droog verder in die warm oond uit tot droog en krakerig.
9 Laat heeltemal afkoel op ’n afkoelrak.
10 Bêre die meringues in ’n lugdigte houer. Strooi eers ’n dun lagie suiker onderin die houer en voer met bakpapier uit dit keer dat die meringues taai word.
2 Maak 1 hoeveelheid van die meringuemengsel en voeg kleursel van jou keuse by.
3 Skep 45 ml (3 e) skeppies op die bakplaat. Smeer die meringue met die agterkant van ’n lepel in ’n plat sirkel.
4 Strooi van die klapper of van die neute oor die sirkels.
5 Bak vir sowat 1 uur tot droog en hard.
6 Gooi die witsjokolade oor die meringuesirkels en laat set.
7 Sit met geklopte room en vars vrugte voor.