Voordele van blindings en hortjies
- Blindings bied jou meer beheer oor die hoeveelheid lig wat die vertrek penetreer.
- Blindings skep ’n gevoel van meer ruimte in kleiner vertrekke.
- Hierdie vensterbedekking kom in ’n verskeidenheid van style, kleure en afwerkings om by jou styl te pas.
- Met die groot verskeidenheid afwerkings van blindings kan jy dit perfek by jou dekor aanpas. As hout-blindings te duur is, is daar die nagemaakte opsie wat net so mooi lyk.
- Blindings bied meer privaatheid as gordyne.
- Anders as gordyne, kan die meeste blindings met ’n klam lap afgevee word.
- Hortjies wat ook as diefwering dien, is deesdae baie gewild. Dis effe duurder, maar esteties die moeite werd.
- Die keuse in style bied jou ’n individuele keuse. Bamboes, hout, metaal en rollerblindings is maar enkele voorbeelde.
- Rollerblindings het ’n groot terugkeer gemaak. Dit is eenvoudig, klassiek en maklik om te manipuleer.