Bestanddele
- 45 ml (3 e) olie
- 4 klein lamskenkels, die sening afgesny
- 2 wortels, in ringe gesny
- 2 selderystingels, in ringe gesny
- 2 uie, fyn gekap
- 2 preie, in ringe gesny
Bouquet garni:
- ’n hand vol pietersielie, ’n hand vol tiemie en 2 lourierblare met kombuistou vasgemaak.
- 2 naeltjies
- 4 jenewerbessies (juniper)
- 1 x 400 geblikte heel tamaties
- 375 ml (1½ k) beesvleisaftreksel
- 125 ml (½ k) rooiwyn
- 500 g waterblommetjies, skoongemaak
- sout en peper
- vars gerasperde neutmuskaat
Metode
- Verhit 30 ml (2 e) olie in ’n swaarboomkastrol en braai die skenkels daarin tot goudbruin alkant. Geur met sout. Skep uit en hou eenkant.
- Braai die wortels, seldery, uie en preie in die res van die olie tot sag en deurskynend. Sit die skenkels terug in die kastrol.
- Voeg die speserye, bouquet garni, blik tamaties, aftreksel en wyn by en kook vir 10 min. Geur met sout en peper.
- Verlaag die hitte en voeg die helfte van die waterblommetjies by. Laat prut vir 1½ uur tot die vleis sag is en van die been begin afval. Proe of nog sout nodig is en geur met die neutmuskaat.
- Dompel die oorblywende waterblommetjies in borrelende kookwater wat met sout gegeur is en sit dan in koue water. Skep die geblansjeerde waterblommetjies vir die laaste 15 min. van kooktyd by die bredie.
- Sit warm voor.