Krakerige aartappels met speserye
Serves: Genoeg vir 4-6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 4-6 groot aartappels, geskrop
- 2 uie, oorlangs in skywe gesny
- 3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
- 15 ml (1 e) roosmaryn, fyn gekap
- 15 ml (1 e) tiemie
- 5 ml (1 t) gedroogde rissie-vlokkies
- 10 ml (2 t) vinkelsaad
- 10 ml (2 t) komynsaad
- 80 ml (1⁄3 k) olyfolie
- 45 ml (3 e) botter
- sout en gemaalde swartpeper
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Sit die aartappels op ’n bakplaat en bak vir 1 uur tot sag en gaar.
2 Haal uit en laat afkoel sodat jy hulle kan hanteer. Moenie die oond afskakel nie. Breek die aartappels met jou hande in brokke van sowat 3 cm en sit in dieselfde oondpan.
3 Strooi die uie, knoffel, roosmaryn, tiemie, rissievlokkies, vinkel en komyn oor en gooi die olyfolie oor. Stip plek-plek met botter en meng versigtig deur.
4 Bak vir nog 20-25 min. tot goudbruin en krakerig en die uie begin karamelliseer. Skud die pan 2 keer in die gaarmaaktyd.
Rooi Rose
Lees Meer
Kapokaartappels met flair
20/03/2025
Pynappel-en-rooi-soetrissie hoendersosaties
14/03/2025
Hoenderkerriepasteie
17/02/2025