Voorverhit die oond tot 180° C en spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei. 1 Room die botter en suiker met ’n elektriese menger tot liggeel en donserig. Voeg die stroop by en meng goed deur.Sjokoladesoentjies met karamelvulsel
Ingredients
Instructions
2 Sif die meel, kakao en koeksoda saam. Roer met ’n houtlepel by die bottermengsel in. Voeg die sjokoladestukkies by en roer deur. Laat rus die deeg vir 15 min. in die yskas tot ferm.
3 Skep klein eetlepels (15 ml) vol deeg en rol tussen jou handpalms in balletjies. Sit die balletjies twee vingerbreedtes uit mekaar op die bakplaat en bak vir 10-12 min.
4 Laat vir 10 min. op die bakplaat afkoel tot die koekies hul vorm behou en sit dan op ’n afkoelrak.
5 Maak die karamelvulsel terwyl die koekies afkoel. Roer die karamel 2 keer deur, maar moenie te veel roer nie, anders word dit loperig. Skep die karamel in ’n spuitsak met ’n sterpunt.
6 Sit die koekies twee-twee langs mekaar en spuit karamel op die een helfte. Sit die ander koekie saggies bo-op en druk liggies vas.
7 Herhaal tot al die koekies gevul is.