Hoekom moet ons minder verwerkte koolhidrate eet?
Sedert die “landbourevolusie” in die 1950’s het ons toegang tot koolhidrate konstant en oorweldigend geword. Supermarkte bevat rye vol lekkers, koekies, soutbeskuitjies, graankosse, rys en pasta. Die keuses is eindeloos. Dit was nie altyd die geval nie. Tog is dit nie bloot die beskikbaarheid van hierdie kossoorte wat die manier waarop ons eet, verander het nie. Daar was beduidende veranderinge in kosproduksie en dieetriglyne wat ’n wêreldwye vetsugepidemie veroorsaak het.
10 goeie redes om ’n laekoolhidraatdieet te volg
- Stabiele bloedsuikervlakke
- Beter slaap
- Beter energievlakke
- Verbetering in gemoedstemming – ’n meer positiewe uitkyk op die lewe
- Volgehoue gewigsverlies
- Minder inflammasie in gewrigte en ledemate
- Beter spysvertering, geen sooibrand
- Minder hoofpyn en skeelhoofpyne
- Gesonder vel
- Beter konsentrasie en skerpheid
Probeer gerus Vickie se Beenmurg-en-vleis-kragsop. “Ek kook elke Saterdag ’n groot pot van die sop. Die bene in beensop bevat gelatien wat jou maagwand beskerm en herstel.” Klik hier vir die resep.
Vickie de Beer se jongste kookboek, My Low Carb Kombuis, is beskikbaar deur Quivertree, teen R295.