Beste oondgeroosterde hoender
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Maak die botter effens sagter en werk dit versigtig met jou vingers onder die vel van die hoender in. Werk veral saggies wanneer jy die vel op die borsgedeelte losmaak om die botter in te druk.Beste oondgeroosterde hoender
Ingredients
Instructions
2 Strooi sout in die holte van die hoender en sit ’n suurlemoenkwart, 1 wortel, 1 selderystingel, 2 knoffelhuisies, ’n kwart ui en die bouquet garni binne-in. Voeg die oorblywende groente in die oondpan en gooi die wyn en water oor.
3 Bind die bene van die hoender met kombuistou op, bedruip die vleis met olyfolie en geur met sout en peper.
4 Rooster in die middel van die oond vir 20 min. vir elke 500 g plus 15-20 min. Verlaag die hitte ná die eerste 15 min. tot 180 °C.
5 Toets of die hoender gaar is deur te kyk of die vel oor die hoenderbors styf gespan is en daar helder vloeistof uitloop wanneer ’n sny in die dikste deel van die boudjies gemaak word.
6 Haal uit die oond, verwyder uit die pan en laat rus vir 6-7 min. sodat die vleissappe geabsorbeer word.
7 Maak solank die sous in die dieselfde oondpan deur die mielieblom, 65 ml wyn en aftreksel by die pansouse te voeg. Verhit en roer aanhoudend tot die sous verdik en gaar is. Geur na smaak en sit warm saam met die hoender voor.
Lees ook: