Voorverhit die oond tot 180 °C. Voorverhit die oond tot 160 °C 1 Verhit die botter, melk en gouestroop in ’n groot pan oor matige hitte tot die botter gesmelt is en die bestanddele goed gemeng. Meng die koeksoda by. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met silikoon- of bakpapier uit.Vyf heerlike koekieresepte
Ingredients
Instructions
Vye-sjokolade-en-neute-rol
1 Smelt die sjokolade vir ’n paar sekondes in ’n diep mikrogolfvaste bak in die mikrogolf op die ontvriesstelling.
2 Meng die vye, dadels en brandewyn goed in ’n voedselverwerker.
3 Meng die pistasieneute, perskes, kaneel en steranys deur die vyemengsel.
4 Meng die vyemengsel en sjokolade. Rol die mengsel in die ryspapier op en verkoel vir 6 uur of oornag.
5 Sny in dun skyfies en sit met sterk koffie voor.Espressekoekies
1 Voer ’n bakplaat met silikoon of bakpapier uit.
2 Sif die koekmeel en mielieblom saam in ’n groot mengbak.
3 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Meng die koffie deur. Meng dan die meel by.
4 Skep die deeg in ’n spuitsak met ’n 2 cm-stertuit. Spuit koekies van 4,5 cm sowat 2 cm uit mekaar op die bakplaat.
5 Druk ’n koffieboon liggies bo-op elke koekie en sit vir sowat 2 uur in die yskas.
6 Bak vir 25 Min. tot gaar. Draai die bakplaat ná 15 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat heeltemal afkoel op die bakplaat.Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters
1 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Meng die vanielje, koeksoda en sout by.
2 Meng die meel, hawermout, klapper, sjokolade en amandels by die eiermengsel.
3 Skep ¼ k grootte balletjies 2 cm uit mekaar op die bakplaat en druk plat tot 1 cm dik.
4 Bak vir 15-20 min. tot Goudbruin. Draai die bakplaat ná 10 min. om. Laat effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.Speserysterre
2 Sif die mielieblom, koekmeel en al die speserye saam. Gooi die bottermengsel geleidelik daarby. Bedek met kleefplastiek en laat staan vir 1 ½ uur.
3 Voorverhit die oond tot 180 °C.
4 Verdeel die deeg in kwarte en rol ’n kwart op ’n slag op ’n meelbestrooide werkvlak uit tot 1 cm dik.
5 Druk met ’n 6 cm-sterretjie-koekiedrukker sterretjies uit die deeg.
6 Bak vir 12-15 min. tot gaar. Draai die bakplaat ná 6 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.
7 Smelt die sjokolade in ’n diep mikrogolfvaste bak in die mikrogolf op die ontvriesstelling. Doop die helfte van die koekies in die sjokolade en laat op bakpapier set.Smelt-in-die-mond-koekies
1 Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.
2 Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eier en vanielje by en meng goed.
3 Meng die meel by die eiermengsel. Meng dan die sjokolade en amandels by. Bedek die deeg met kleefplastiek en sit vir 30 min. in die yskas.
4 Rol die deeg in eetlepelgrootte balletjies en pak 1 cm uit mekaar op die bakplaat. Druk effens platter en sif versiersuiker oor.
5 Bak vir 10-12 min. tot gaar en die bokante effens kraak. Draai die bakplaat ná 6 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat eers effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.
6 Sif weer versiersuiker oor.