Hoender en veselperske kerrie
Serves: 6
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 12 hoenderporsies (dytjies en boudjies)
- • 30 ml (2 e) meel
- • 15 ml (1 e) kerriepoeier
- • 45 ml (3 e) sonneblomolie
- • 5 ml (1 t) Ina Paarman’s Chilli & Garlic Seasoning
- • 2 groot uie, gesny
- • 2 groot wortels, gesny
- • 1 x 100 g-pakkie gedroogde veselperske, in stukkies gesny
- • 1 x 400 g-blikkie gekapte tamaties
- • 1 x 200 ml Ina Paarman’s Tikka Curry Coat & Cook Sauce
- • 250 ml (1 k) kookwater
- • 10 ml (2 t) hoenderaftrekselpoeier
- • 250 ml (1 k) klappermelk of vars room
- • ’n hand vol vars koljanderblare
Instructions
- Verwyder enige oortollige vet van die hoenderporsies. Meng die meel en die kerriepoeier en strooi oor die hoender. Verhit ’n middelslagkastrol tot baie warm voordat jy die olie byvoeg. Verbruin die hoenderporsies in 2 sarsies, haal uit, sit op ’n bord en geur met Chilli & Garlic Seasoning.
- Soteer die wortels en uie in die oorblywende olie in die kastrol tot sag en geurig. Voeg die veselperske en tamaties by.
- Voeg die Tikka Curry-sous, kookwater, hoenderaftreksel en klappermelk by. Bring tot kookpunt en sit die hoenderporsies in die sous. Sit die deksel op en kook stadig oor matige hitte vir 1 1/4 uur. Voeg net voor opdiening ’n hand vol koljanderblare by (verwyder die stingeltjies). Dien op met geelrys en sambals.
Variasie: Vervang die hoender deur 800 g lamsvleis wat in blokkies gesny is.
Michelle Nortje
Lees Meer
Lenteslaai met ’n verskeidenheid eiers
30/10/2024
Kerrie-herderspastei
18/10/2024