Genoeg vir 4
Ons het vir die lekkerte verskillende eiers gebruik, maar jy kan net hoendereiers gebruik.
Bestanddele
- 250 g dikspek, in repies gesny
- dagoue plaasbrood in stukkies gebreek
- 2 ganseiers
- 2 hoendereiers
- 4-6 kwarteleiers
- ’n hand vol roketblare, bronkors (watercress) en ander babablare
- 30 ml (2 t) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
- uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
- parmesaan met ’n groenteskiller in dun lappies gesny
Metode
- Braai die spek bros en hou eenkant. Braai die stukkies brood in dieselfde pan in die vet van die spek tot goudbruin. Hou eenkant.
- Kook die ganseiers vir 4-5 min. In borrelende kookwater (’n saggekookte eier). Haal die eiers met ’n gaatjieslepel uit en dompel in koue water. Kook die hoendereiers vir 3-4 min. En sit ook in koue water. Kook die kwarteleiertjies vir 1½ min. En dompel ook in die koue water.
- Sit die slaaiblare op ’n mooi opdienbord en strooi die spek en brood daaroor.
- Dop die eiers af, breek versigtig oop en sit op die slaai. Geur met sout en peper (ons het ’n oulike brandrissiesout by Woolies gekry) en sprinkel die olyfolie en suurlemoensap oor. Eindig met die lappies parmesaan.