1 Hoes jy al langer as drie weke (2 punte); korter as twee weke (1 punt); glad nie (0 punte)
2 Hoes jy snags (1 punt); nie snags nie (0 punte)
3 Is jy altyd kortasem (1 punt); soms (2 punte); nooit (0 punte)
4 Fluit jou bors meer as drie keer per dag (3 punte); een of twee keer per dag (2 punte); ’n paar keer per week (1 punt); nooit (0 punte)
5 Voel jy daagliks benoud (2 punte); soms (1 punt); nooit (0 punte)
Gee vir jouself een punt vir elkeen van die volgende groepe wat jou simptome laat vererger
• verandering in lugtemperatuur of weer soos wind, vogtigheid of droë lug
• rook, rookmis of motoruitlaatgasse
• sekere kosse
• kontak met diere
• stuifmeel of lente
• parfuum, skoonmaakmiddels, spuitmiddels
• oefening
Jou punte
• 0-5 punte geen asma.
• 5-10 punte moontlik asma of dalk ’n ander longtoestand. Laat ’n dokter kyk.
• 10 punte of meer baie waarskynlik asma of ’n ander longkwaal. Jy móét dokter toe gaan vir ’n behoorlike ondersoek.
Lees ook: Is jou kind ADHD of begaafd?