Die boek – met die aangrypende omslag, losweg ’n interpretasie van tronktralies wat “mooi” kan word – is gegrond op die ware verhaal van Ann Walmsley wat ná ’n gewelddadige rooftog gevra word om by ’n boekklub aan te sluit. Maar dis ’n klub met ’n verskil: Dis in die tronk. Geen kaas en wyn nie, maar mans wat diep sielkundige wonde en ’n misdaadgeskiedenis het. Deur die jare is werke soos The Incident of the Dog in the Night-time en The Grapes of Wrath gelees en bespreek.
In haar boek volg sy die groei van ses karakters, asook die rol wat die boekklub gespeel het om ’n deel van hulself te herstel. Die besonderse boek, wat vir vele pryse benoem is, fokus weer eens op die helende krag van boeke – en hoe dit selfs die gehardste misdadiger se sagste kant kan laat blom. ’n Baie roerende leeservaring …
Uitgewersprys R225
rooi rose R202,50