Hoe gebeur dit?
Pomelo’s kan die opname van meer as tagtig verskillende medisynes drasties verbeter. Een pil saam met ’n glasie pomelosap kan dus so sterk soos twintig pille wees, wat neerkom op ’n algehele oordosis. Seville-lemoene en lemmetjies kan dieselfde effek hê, hoewel ligter. David Bailey, die Kanadese apteker wat dié verskynsel in die jare negentig die eerste keer opgemerk het, sê die pille wat probleme veroorsaak, is meestal dié wat deur die ensiem P4503A4 afgebreek (metabolized) word.
Bly weg van pomelo’s as jy op die volgende medikasies is:
- Halcion
- Xanax
- Valium
- Zoloft
- Sekere statiene soos Simvastatin
- Viagra
- Cialis
- Levitra
- Cafergot
- Pynpille met kodeïen
- Luvox
- Antibiotika met siklosporien
- Ambien
- Zolpidem
- Seroquel
- Eltroxin
- Sekere antihistamiene
Dié lys is onvolledig, maar jy kan self gaan kyk of jou pille deur hierdie ensiem gemetaboliseer word: dit staan op die pamflet onder “Farmakologiese werking” of “Kliniese farmakologie”. Of vra jou apteker om dit na te gaan.
Lees ook: Wat is die reëls vir die veilige gebruik van aanvullings?