Geurige lamstjops oor die kole
Serves: Genoeg vir 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 12 lamribtjops
- • sout
- • 125 ml tuisgemaakte basiliekruidpesto
- 1 Maak ’n vuur. Sit die tjops in ’n bak en smeer pesto oor.
- 2 Marineer vir 30 min.
- 3 Verwyder oortollige olie van die tjops en braai vir 10 min. aan elke kant oor die kole.
- 4 Sit voor met Griekse slaai en tzatziki.
Instructions
Vinnige platbrode
1 Verhit die oond tot 200 °C.
2 Meng 375 ml (1 ½ k) gerasperde mozzarella en 45 ml (3 e) roomkaas in ’n mikrogolfbestande bak.
3 Sit vir 2 min. op hoog in die mikrogolf tot die kase heeltemal gesmelt is.
4 Haal uit en meng ’n liggies geklopte eier en 166 g (⅔ k) gemaalde amandels vinnig by (sit terug in die mikrogolf vir 30 sek. as dit te styf raak).
5 Rol die “deeg” uit op ’n bakplaat en bak vir 6 min. tot liggoud en tot die rande krakerig begin word.
6 Gooi ’n bietjie knoffelolie oor en sit met die tjops voor.
broodlow carblaekoolhidraatsaladslaaiherbsreseptelamb chopskruierecipeslamsvleisbreadbraaitzatzikisuikervry
Michelle Nortje
Lees Meer
Geweefde vanielje-en-vye-tertjies
22/11/2024
Blitsige roomys
21/11/2024