Wenke
- Jy gaan heel moontlik die meeste van jou tyd spandeer deur te lees, voor die kaggel te sit en so min as moontlik te doen. So, pak gemaklike klere van natuurlike materiale in.
- Pak skoene wat mooi genoeg is indien jy vinnig dorp toe wil gaan, maar wat steeds gemaklik is vir ’n stappie wanneer jy ontspan.
- Jou handsak moet net groot genoeg wees om die nodigste te bevat. Jy wil eintlik nie eens jou selfoon by jou hê op jou plattelandse wegbreek nie.
- Pak ’n trui wat steeds netjies is, jy wil darm nie soos ’n slonskous lyk.
- Jy wil nie baie tyd aan jou hare spandeer nie, daarom is ’n gebreide kopband die antwoord. Dit sal deurmekaar hare wegsteek en is boonop warm.