Voorverhit die oond tot 200 °C.Geroosterde botterskorsie-en-gorgonzola-risotto
Ingredients
Instructions
1. Sit die botterskorsie en knoffel in ’n diep bakplaat. Sprinkel die olie oor en geur na smaak. Bak vir 30 min. of tot die pampoen gaar is.
2. Maak die risotto: Smelt die botter in ’n kastrol oor matige tot lae hitte en braai die prei vir 3 min. daarin tot sag. Voeg die knoffel, die helfte van die lemoenskil en tiemie by en braai vir 1 min. Geur na smaak.
3. Meng die arboriorys deur tot elke korrel met botter bedek is. Gooi die wyn by en laat wegkook.
4. Voeg dan 125 ml (½ k) aftreksel by. Laat wegkook voor die volgende byvoeging. Roer heeltyd. Die rys moet sag aan die buitekant wees maar effens ferm aan die binnekant. Die proses duur sowat 15-20 min.
5. Skil die geroosterde knoffel en meng saam met die botterskorsie en die helfte van die gorgonzola deur die rys. Geur na smaak.
6. Sit voor met die res van die lemoenskil, tiemie, gorgonzola en bronkorsblare bo-op.