Die breinkind van Jacquie Myburgh Chemaly enLeigh Ord, samel geld in vir hierdie projek wat na twee geletterheidsprojekte gaan, The Shine Centre en The Click Foundation. En dit gaan my nie eers ‘n arm of ‘n (vintage) been kos nie. Die beginprys is R100 en wissel natuurlik na gelang van die handelsmerk en kondisie van die item. Daar gaan ook heerlike peuselhappies en sjampanje aangebied word om nog meer klas aan die geleentheid te verleen. Ek sou persoonlik gegaan het al was daar net begrafnisbroodjies, maar die sjampanje wink tog vir my.
Die geleentheid vind plaas hierdie saterdag en sondag (11 en 12 Mei) by The Forum Company in Bryanston, Johannesburg. Ingangsfooie is ‘n skamele R50 en kan aanlyn of by die geleentheid self betaal word. Daar is ook kaartfasiliteite- so onthou manlief se kaart. Ek het gelukkig klaar besluit op ‘n handsak: my groot indiese sak waarin ek maklik-maklik drie kinders kan versteek – ek weet ek gaan die spasie nodig kry.
Tot vrydag.
Vir meer inligting oor die geleentheid kan Vintage, With Love se facebook-blad besoek word of julle kan vir my ‘n vonkpos stuur.