~
Die seisoene verander. Dit word kouer buite en die modes verander saam met die weer. Dit is nou die tyd om jou klerekas aan te pas en te besluit watter items jy nodig het om jou Herfs-klerekas modieus te hou. Die mees merkwaardige ding oor herfs is die kleurskema. Dra kleure en patrone wat geasosieer word met herfs, soos diep groene, kameelkleure, mosterd en bruin. Deur Susra Matthee en Daniela du Toit. Foto: Jigsaw