Genoeg vir 4
Vir die soetrissiesous
125 ml (½ k) soetrissiesous
60 ml (¼ k) vissous
sap van 1 lemmetjie
15 ml (1 e) gekapte gemmer
15 ml (1 e) bruinsuiker en geur na smaak
Vir die mango-en-avokado-salsa
1 mango, geskil en in blokkies gesny
½ avokado, geskil en in blokkies gesny
hand vol koljanderblare, gekap + ekstra
5 ml (1 t) gekapte knoffel
5 ml (1 t) gekapte gemmer
5 ml (1 t) brandrissie
geur na smaak
Vir die roerbraai
30 ml (2 e) olyfolie
500 g skoongemaakte garnale
500 ml (2 k) gaar noedels
swart sesamsaad om oor te strooi
lemmetjiewiggies vir die voorsitslag
vars of gedroogde klapperrepies
1. Meng al die bestanddele vir die soetrissiesous saam en hou eenkant.
2. Meng die Mango-salsa bestanddele saam en hou eenkant.
3. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n wok of groot braaipan. Braai die garnale vir 3 min. tot gaar. Geur na smaak.
4. Verlaag die temperatuur, gooi die soetrissiesous oor en roer tot deurwarm.
5. Roer die koljanderblare deur, strooi sesamsaad en die ekstra koljanderblare oor en sit voor met die salsa, noedels, lemmetjiewiggies en klapper.