Hoender-en-pynappel-roerbraai
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Lemoensous
- 10 ml (2 t) mielieblom (Maizena)
- 15 ml (1 e) water
- 20 ml (1 e + 1 t) sojasous
- 30 ml (2 e) heuning
- fyn gerasperde skil en sap van 1 lemoen
- Roerbraai
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 500 g hoenderborsies, in blokkies gesny
- ½ pynappel, geskil en in blokkies gesny
- 1 klein groen soetrissie, in blokkies gesny
- 100 g (1 pakkie) gevlokte amandels, gerooster
- 500 ml (2 k) gaar jasmynrys
- hand vol koljanderblare, gekap + ekstra vir bo-op
Instructions
1. Maak ’n pasta met die mielieblom en water. Meng die sojasous, heuning en lemoenskil en -sap by die mielieblompasta. Geur na smaak. Hou eenkant.
2. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n wok of groot braaipan. Braai die hoender vir 5 min. daarin tot goudbruin en gaar. Geur na smaak.
3. Verlaag die temperatuur, giet die lemoensous oor en roer vir 3 min. tot goudbruin. Voeg die pynappel en soetrissie by en roer tot deurwarm.
4. Roer die koljanderblare deur, strooi die amandels oor en sit voor met jasmynrys en ekstra koljanderblare bo-oor gestrooi.
rysrecipeschickenquick easyneutericepynappelslemoenstir-fryfoodpineapplehoenderorangekruienutsroerbraaiherbs
Rooi Rose
Lees Meer
Hoendergereg in romerige tamatiesous
22/11/2024
Geweefde vanielje-en-vye-tertjies
22/11/2024
Blitsige roomys
21/11/2024