Daar woon ’n feetjie by elke soort Kaapse fynbos, en hier stel Antjie Krog hulle op haar unieke manier aan ons voor. Hulle werk en speel, hulle sorg vir die fynbos of maak gemors. Hulle lag, slaap, droom … dis ’n besige lewe vir ’n gemiddelde fynbosfeetjie in die veld. Fiona Moodie se asemrowen-de illustrasies is plantkundig akkuraat geteken.
Kyk na “Disa-feetjie”:
so dans die Disa-dogtertjie
so dans sy langs die stroom
so buig sy met die varings saam
en was haar vlerkies skoon
so drink die Disa-dogtertjie
dou van die silwerboom
so het die Disa-dogtertjie
diep in my hart kom woon