Tipiese kenmerke van hierdie Franse kombuis
• Franse kombuise is oor die algemeen eenvoudig, met min versierings of tierlantyntjies. Rustieke Franse kombuise word gekenmerk aan rakke wat uit bakstene gebou is. Daar word dan houtrakke in die struktuur gebou en met ’n katoen-gordyntjie afgerond.
• Oorhoofse kassies is nie algemeen binne hierdie voorkoms nie. Daar word gewoonlik oop rakke bo die kookvlak en kassies ingebou waar breekware gestoor word.
• Potte en panne word dikwels teen die muur gemonteer – binne reikafstand van die stoof.
• Kombuiskassies word dikwels geverf in Franse blou – ’n blou met ’n sagte grys ondertoon.
• In kontemporêre kombuise word die kassies met verftegnieke behandel.
• Deurknoppies is gewoonlik van hout, porselein of metaal.
• Die Franse is lief vir geruite linne of eenvoudige wit.
• Eetgerei en kookgerei word eerder uitgestal as weggesteek.
Verskaffer: Biggie Best