Kop tot tone
Sh’Zen se Top-to-Toe Body Collection (R349) bevat 5 x 50ml lyfprodukte en sluit ’n lyfwas, skrob, sjampoe en opknapper in – ideaal vir Ma se reissakkie.
Goedvoel-geur
Estee Lauder se Aerin Gardenia Rattan EDP (R1 495) lyk nie net pragtig nie, dit ruik ook hemels. Enige liefhebber van ’n blommerige fyngeur sal hiervan hou. Jy ruik katjiepiering en tuberoos-blomme.
Vir Ma se vel
Hierdie African Extracts-velsorgreeks bevat ’n reiniger, tonikum, dagroom en nagroom (R73,44)
Verfrissende lyfprodukte
’n Geurige lyfwas en lyfroom van die Justine Elements of Nature Cranberry & Pomegranate-reeks, perfek vir badtyd. (Lyfwas R110; Lyfroom R110)
Pamperlang
’n Nuwe reeks lyfprodukte beskikbaar by Pick n Pay. Die The Caribbean Collection met tropiese geure is ’n ideale Moedersdag-geskenk. Papaya & Strawberry Exfoliating Sugar Scrub (R79 vir 500 ml); Papaya & Strawberry Exfoliating Shower Gel (R39 vir 200ml)
’n Ekstra Bederf
Koop ’n Lancôme La Vie Est Belle EDP 30 ml stel (kry 4 ml La Vie Est belle plus ’n mini Lancôme Hypnose Doll Eyes Mascara, R1 004 by Woolworths)
Goeie waarde
Hierdie grimeerstel van Revlon is perfek vir Ma – dit bevat Revlon HD Lipstick in Sweet Pea; Revlon Highlighting Palette in Rose Glow; Revlon ColorBurst Balm in Unapologetic (R299 beskikbaar by Dischem; Truworths; Foschini & Edgars).
Sysagte hande
Crabtree & Evelyn (beperkte uitgawe) Hand Therapy Trio, R450 bevat 3 van Crabtree & Evelyn se gewildste handerome (een vir elke handsak!)
Badtyd
Hierdie Calico De Provence Jug-geskenkgids (R299) van Woolworths bevat ’n lyfwas, sepie, badmelk en kamersproei – reg om enige Ma te bederf!
Winskopie
Benefit B.Right! Radiant Skincare 6 piece (R335,00) is baie oulik en dit bevat 6 verskillende gesig produkte en lyk boonop ook pragtig.