Om ’n mooi tafel te dek is ’n uitdaging maar terselfdertyd ook ’n heerlike speletjie. Kies jou kleurskakerings en hou daarby. In die geval van goue bybehore is room of wit ’n goeie kleur om daarby te meng.
Wenke vir tafeldek
- Blomme se geur moet nooit die aroma van die kos oorweldig nie.
- Rangskikkings moet laag genoeg wees sodat jou gaste mekaar kan sien.
- Kerse word nooit voor sonsondergang aangesteek nie.
- Glase word aan die regterkant van die bord geplaas, met die waterglas die naaste aan die bord.
- Die lepel word gewoonlik regs van die mes geplaas met die mes se lem in die rigting van die bord.
- Die voorgereg-vurk word verste van die bord geplaas, met die hoofgereg-vurk naaste aan die bord.
- Servette kan op verskeie maniere geplaas word, maar volgens die jongste tendens word dit eenvoudig (sonder fieterjasies) op die bord geplaas.
Verskaffers
@home www.home.co.za
Boardmans www.boardmans.co.za
Weylandts www.weylandts.co.za
Flowerheart www.flowerheart.co.za
Elsje Burger www.elsjeburger.co.za
Zara Home [email protected]